ROOSTERKOEK DEEG VIR PIZZA, PITTA, JAFELS EN LANG WORSBROODJIES


ROOSTERKOEK DEEG VIR PIZZA, PITTA, JAFELS EN LANG BROODJIES
Vanaand het ek met my roosterkoek resep sommer 4 vlieë geklap… hahaha Gali wou ‘n pizza hê, ek het ‘n pitta met kaas, tamatie en blaarslaai geeet… dan het ek sommer vir môre jafel broodjies gebak vir ontbyt en footlong buns vir môre aand se worsbroodjies. Die ander pita broodjies vries ek. Die jafel broodjies is ideaal as jy kamp, knie sommer dan net deeg met 2 koppies meel
6 koppies brood en koekmeel gemeng
45 ml suiker
10 ml sout
1 pakkie gis
3 koppies louwarm water en 15 ml olie
Knie baie goed.
Laat rys, knie af en laat weer rys.
Jafel broodjies:
Knyp stukkies deeg af, druk plat en plaas in jafelpan om te rys en bak al kante tot gaar.
Pitta:
Rol deeg in balletjies. Druk plat met agterkant van jou hand en rol 5 mm dik uit op meelbestrooide oppervlak. Strooi liggies meel oor en bedek met ‘n klam doek. Laat uur rys. Vou elke sirkel in die helfte en rol weer uit. Bak by 240°C vir 5 tot 6 min tot pofferig en bruin.
Pizza:
Knyp ‘n stuk deeg af. Druk plat met jou hand, rol uit en laat rys. Sny deeg om glutendrade te breek. Bak tot gaar. Smeer pasta of tamatiesous oor kors ek het tamatie, kaasworsie gesny en spek opgesit en 2 kase oor gerasper.
(Ek sny net liggies of jy kan die kors prik met ‘n vurk. Dit is net dat die kors nie baie rys en dat dit egalig bly. Bak die kors 12-15 min in jou oond of halogene)
Die pitta broodjies bak baie gou in halogene oondjie. Pizza ook in halogene gebak.
Resep en foto: Frieda Greyling