PRUTPOT TAMATIE PASTA SOUS


PRUTPOT TAMATIE PASTA SOUS
2 blikke heel tamaties
2 uie gebraai
2 wortels
1 teelepel knoffel
1 teelepel kruie na smaak
1 tamatie blikkie maat water
1 pakkie tamatie pasta

Plaas alles die aand voor die ete in die prutpot op lae hitte.
Volgende dag wanneer alles gaar is maak alles fyn (Ek het my stick blender gebruik) vir ‘n heerlike pasta tamatie sous.
Ek het  in die oggend 3 wortels fyn gerasper en my maalvleis gebraai en dit alles by die tamatie sous gegooi en dit op high aangesit en teen 13:00 was daar heerlik pasta maalvleis vir aandete en die vrieskas.
Foto en resep Janie Janse van Rensburg