PAMPOENTERTJIES


PAMPOENTERTJIES
60 ml koekmeel
2,5 ml bakpoeier
60 ml suiker
60 ml room
60 ml melk
1 eier, geklits
1 kg gaar pampoen, fyngedruk
30 ml botter, gesmelt
kaneel vir oorstrooi

Meng die droë bestanddele. Voeg dan eier, room, melk, pampoen en botter by.
Skep in gesmeerde muffinpanne. Strooi kaneel oor.
Bak 45 minute teen 180°C tot gaar.
Foto: Frieda Greyling