OORBLY “PORK BELLY” MET RYS SKOTTELGEREG


OORBLY “PORK BELLY” MET RYS SKOTTELGEREG
As mens nie meer weet wat om te maak met die oorbly vleis nie, maak hierdie gereg.
oorbly varklies van ‘n vorige ete
2 uie, gesny
1 rooi soetrissie
500 g sampioene
rys, soveel soos verkies

Braai die ui, soetrissie en sampioene saam in ‘n warm pan met bietjie olie of botter. Sny die oorbly vleis in stukkies, voeg dit by die uiemengsel en braai saam.
Kook die rys eenkant tot gaar. en voeg dit by die uie- en vleismengsel in die pan, braai saam.
Ek het ‘n bietjie rissie- en knoffelsous bygevoeg en daar is my middagete.
Resep en foto: Koos van der Merwe