ONTBYTGRAAN STAFIE


ONTBYTGRAAN STAFIE
1 koppie grondboontjiebotter (ek het die suiker en sout vrye een gebruik)
½ koppie heuning
½ koppie gouestroop
5 koppies graanvlokkies van jou keuse (myne was Cheerios)

Kook die stroop en heuning vir ‘n minuut in die mikrogolf in ‘n glas bak.
Meng die grondboontjiebotter saam met die warm stroop mengsel.
Voeg ontbytgraan by en meng goed.
Gooi in ‘n bak wat vooraf uitgevoer is met bakpapier en druk plat.
Bedek en sit in die vrieskas vir 1 uur. Sny dan in blokkies en pak in bak.
Resep: Janie Janse van Rensburg