NUTTIKRUST KOEKIES

NUTTIKRUST KOEKIES
125 g botter
1 koppie oats
1 teelepel koeksoda
¼ teelepel sout
2 eetlepel gouestroop
¼ koppie melkpoeier
1 teelepel olie
¾ koppie strooisuiker
1 teelepel karamel essens
1 koppie klapper
1 koppie koekmeel
1 teelepel koeksoda
Verhit oond tot 180 ºC. Spuit ‘n pan met “spray and cook” en bestrooi met meel.
Plaas oats en klapper in ‘n menger – “Grind” tot fyn.
In ‘n ander bak verroom die botter en suiker. Voeg die bakpoeier, sout en koeksoda by.
Voeg dan die klapper en oats mengsel by. Meng baie goed.
Voeg nou die stroop, olie en karamel essense by. Meng goed.
Voeg melkpoeier by meng.
Voeg meel by en meng goed.
Meng tot ‘n koekie deeg vorm.
Plaas deeg in plastiek sakkie en vries 20 minute. Haal uit.
Deel deeg in 2. Hou helfte eenkant. Plaas deeg tussen 2 stukkie wax papier en rol uit na verlangde dikte.
Sny in vingers en bak 10 tot 15 minute.
Koekies sal sag wees as hul uit oond kom, maar raak harder as hulle koud word.
Resep geplaas deur Lizaan Ras le Roux