LORAINE SE HOENDERPASTEI


LORAINE SE HOENDERPASTEI
8 groot hoender porsies
1 groot ui
5 kruie naeltjies
4 lourier blare
¼ groen soetrissie
3 middelmatige aartappels
1 pakkie roast chicken sous
hoender speserye en sout en peper na smaak
2 rolle skilferkorsdeeg
eier en melk vir borsel
Kook hoender, uie, soetrissie en aartappels sag, ontvel en ontbeen hoender. Plaas terug in pot, haal die naeltjies en die lourierblare uit. Voeg die pakkie sous en hoender speserye en sout en peper by die hoender en prut tot sous lekker verdik, indien nie dik genoeg na jou sin nie, kan jy dit verder verdik met ‘n bietjie koekmeel. Ek maak hierdie pastei in my oondpan. Ek sit een rol deeg onder in die pan, rol so bietjie uit tot hy pas, skep die hoender oor die deeg, rol 2de rol ook effe uit sodat hy pas oor die pastei, druk die rand met ‘n vurk vas, verf met eier en melkmengsel.
Bak op 180ºC in die oond tot goudbruin.
Resep geplaas deur Loraine Peyper Viljoen
Foto: Loraine Peyper Viljoen