KRUMMEL VARK TJOPS MET POST TOASTIES



KRUMMEL VARK TJOPS MET POST TOASTIES
Krummelvark vir die boer van my.
Genoeg vir 2 vark tjops.
1 eier geklits saam met bietjie water
Bietjie meelblom, bakpoeier, sout en peper gemeng.
Maak bogenoemde aan tot ‘n slap degie vir jou eiermengsel.
Rol 2 hande vol post toasties fyn en plaas in ‘n bord.
Bietjie meel, aromat, sout, peper gemeng en in ‘n plat bord om die tjops in te rol.
Rol vleis in meelmengsel.
Doop in eiermengsel.
Skep fyn post toasties oor.
Bak in warm olie tot gaar, olie moet nie te warm wees dat jou tjop te vinnig bruin word nie.
Resep en foto: Frieda Greyling