KARRINGMELK EN SJOKOLADE KOLWYNTJIES


KARRINGMELK EN SJOKOLADE KOLWYNTJIES
Genoeg vir ongeveer 44 groot kolwyntjies of 1 groot koek
250 ml (1 koppie) water
125 g (¾ koppie) botter, in blokkies gesny
80 ml (¹⁄³ koppie) kakaopoeier, gesif
500 ml (2 koppies) koekmeel, gesif
5 ml (1 teelepel) koeksoda
500 ml (2 koppies) strooisuiker
2 eiers
125 ml (½ koppie) karringmelk
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
Karamel Sjokolade Versiersel – genoeg vir ongeveer 30 groot cupcakes:
370 g (1 houer) Blonde Caramel van Nataniel OF Caramel Treat
100 g (1 blok) sjokolade, ruweg gekap
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Plaas kolwyntjie papiertjies in pannetjie. Verhit die water, botter en kakao in ’n klein kastrol oor matige hitte en roer tot dit gesmelt is. Sif en meng die meel, koeksoda en suiker saam en voeg die bottermengsel by. Meng goed. Voeg die eiers, karringmelk en vanilla geursel by en klop om ’n gladde mengsel te vorm. Skep gelyke hoeveelhede van die beslag in die kolwyntjie papiertjies en bak vir 20 min of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat vir 10 min rus en haal uit die kolwyntjie pannetjies. Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker. Voeg die karamelkondensmelk by en meng deeglik.
(Die Blonde Caramel wat ek gebruik het, het ‘n sout smakie ook en dit breek die ergste soetigheid)
Resep geplaas deur Cecile Mortimer van Greunen
Foto: Cecile Mortimer van Greunen