JAFEL-WAFELS



JAFEL-WAFELS
Hierdie wafels is uit die boeke uit lekker. Het die resep gekry in ‘n Huisgenoot van 2014. Bak dit in jou Jafel pan, daar waar jy kamp of op die vuur, kry myne nie, toe trek ek maar my kolwyntjie bakker nader.
2 koppies koekmeel
knippie sout
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2 eiers
375-500 ml karringmelk
60 ml botter, gesmelt
Sif droë bestanddele.
Klits eiers, karringmelk, botter in ‘n beker.
Meng alles en laat staan ‘n halfuur.
Smeer jaffle pan en verhit op vuur.
Giet beslag in jaffle pan tot byna vol.
Bak tot bros en gaar.
Stroop: bietjie water, stroop en botter gekook.
WENK: maak jou eie karringmelk: 1 eetlepel asyn op 1 koppie melk.
Foto: Frieda Greyling