JACK’S CAKE (RICH MAN’S CAKE)


JACK’S CAKE (RICH MAN’S CAKE) HEERLIK!
Ek het hierdie resep omtrent 20 jr gelede by ‘n kollega van my se vrou (Fiona Vergers) gekry en dit nog net eenkeer gemaak. Dit was HEERLIK. En lyk baie indrukwekkend.
Het ongelukkig destyds nie foto geneem nie maar wil dit tog weer hierdie jaar maak. Sal dan foto neem en kom wys. Ek het gaan google om te sien of ek iets soortelyks kry, maar sien nerens iets nie.
Dit is so lekker – toe ek vanoggend deur ‘n ou resepteboek lees en op dit afkom toe weet ek ek kan nie so ‘n eiesoortige resep vir myself hou nie.
1 pakkie Dixie of Salticrax beskuitjie – fyngedruk en meng met 125 g gesmelte botter
2 houertjies full cream cottage cheese, gemeng met 1 eetlepel gerasperde uie, sout en peper
2 blikkies pink salm (verwyder vel en grate – tuna kan ook gebruik word, maar ek verkies die salm), fyngemaak en gemeng met:
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel mayonnaise
1 hoogvol eetlepel gekapte agurkies
sout en peper
(as jy tuna sou gebruik, voeg klein bietjie ekstra tamatiesous, mayonnaise en knippie gemmer by)
Gebruik koekpan met los kante.
Pak laag beskuitjies. Smeer maaskaas op. Sit salm bo-op (of tuna mengsel).
Voor jy opdien, meng die volgende en smeer op die mengsel:
1 groot of 2-3 klein avokado’s
sout en peper
suurlemoensap
Kook 2-3 hardgekookte eiers (druk fyn) en strooi bo-oor avokados.
Sprinkel (verkieslik swart) kaviaar bo-oor.
Plaas in yskas vir ‘n ruk. Wanneer gestol, maak kante van koekpan los.
Bedien met vars keuse van brode en goeie bottel wyn.
Geniet!
Foto en resep: Lorraine Weitz Brand