HEERLIKE DONUTS


HEERLIKE DONUTS
Hierdie is nou maklik en lekker vir die soet tand. Resep kom uit Kook en Geniet.
¾ koppie suiker
2 eetlepel botter
3 koppies meel
3 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
¼ teelepel fyn kaneel
¼ teelepel fyn neut
1 koppie melk
Room botter en suiker.
Sif droë bestanddele saam.
Voeg dit om die beurt met melk by die bottermengsel.
Meng goed en rol die deeg +- 6 mm dik uit op meelbestrooide oppervlak.
Druk die sirkels af.
Laat ringe 15 min staan voordat jy dit bak.
Bak in warm diepvet/ olie vir ‘n min of 2, net tot ligbruin.
Draai net een keer om.
Strooi kaneelsuiker of net suiker oor.
Resep geplaas deur Frieda Greyling
Foto: Frieda Greyling