GLANS DONUTS


GLANS DONUTS
1 koppie melk
1 groot eier
2 koppie koekmeel
2 eetlepel suiker
4 ½ teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
¼ koppie gesmelte botter
Meng droë bestanddele.
Klits eier en melk saam. Roer by droë bestansdele.
Roer nou gesmelte botter in en meng deeglik met houtlepel.
Skep teelepels vol deeg in warm olie en braai beide kante toe bruin en gaar.
Dreineer op kombuis papier.
Maak aan
1½ koppie versiersuiker
3½ eetlepel melk
2 teelepel vanilla
Doop gaar doughnuts in dit en sit op draadrak.
Eat you heart out … manjaps lekker.
Bron: Madelein Bezuidenhout
Beproef en Foto Roni Van Der Walt