GEURIGE KERRIE BEESVLEIS


GEURIGE KERRIE BEESVLEIS
1 medium ui, gekap
750 g beesvleis blokkies
1 teelepel kerrie
1 teelepel borrie
1 ½ teelepel suiker
2 eetlepels tamatiepuree
3 eetlepels tamatiesous
½ teelepel tiemie
½ teelepel koljander
1 teelepel smoked paprika
1 koppie groen soetrissie
2 eetlepels soppoeier bêremengsel (resep op blog)
http://www.foodloversrecipes.com/2019/01/roni-se-soppoeier-beremengsel/
Braai die ui en beesvleis tot mooi bruin, voeg dan water by en kook tot vleis sag is. Moenie dat water droogkook nie. Voeg dan al die speserye by en dan die soetrissie en kook lekker deur tot die groenrissie sag is. Maak die soppoeier aan met klein bietjie water en roer by. Kook deur vir so 3-5 minute.
Resep en foto: Roni Van Der Walt