FRANCIS SE GEMARINEERDE GROENTE


FRANCIS SE GEMARINEERDE GROENTE
Gemarineerde groente is deesdae so veelsydig. ‘n Mens kan amper enige groente wat nie pap word na jou smaak gebruik en is heerlik en gesond in die somer.
1 pakkie Knorr Italian salad dressing
1 pakkie sampioene, heel
1 pakkie murgpampoentjies, omtrent so 5 cm lank gesny
1 pakkie van die klein geel pampoentjies (patty pans), in helftes gesny
8 wortels, geskil en ook ongeveer 5 cm gesny
Blanseer die groente vinnig en plaas in ‘n GROOT glas houer. Groente moenie pap wees nie.
Maak slaaisous aan soos op pakkie aangedui en giet bo-oor.
As die houer ‘n deksel het wat kan seël, sit dit op (ek het sulke 5 liter glas bottels, ons kon vroeër mayonnaise daarin koop).
Plaas in yskas en meng deur die volgende oggend, sorg dat die groente wat bo was weer onder is, sodat al die groente goed marineer. Jy kan die groente ‘n paar keer goed meng.
Dit is op die lekkerste so 3 dae na die tyd.
Dit hou omtrent so 6 dae in die yskas, ek het dit selfs in gesteriliseerde bottels geplaas en selfs so lank as 2 weke gehou.
Di hou nie lank nie, omdat dit vinnig opgeëet word.
Resep: Francis Schoeman