FEESTELIKE SKAAP SKENKEL POTJIE


FEESTELIKE SKAAP SKENKEL POTJIE
Genoeg vir 15 mense. Ek het ‘n nommer 4 pot gebruik.
3.9 kg skaap skenkels
1 ui, in blokkies gesny
1 eetlepel olyf olie
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 geel soetrissie, in blokkies gesny
1 eetlepel fyn knoffel
2 beef stock pot blokkies
8 bees aftreksel blokkies
1 teelepel roosmaryn
1 teelepel tiemie
1 klein blikkie tamatie pasta
1 bottel natural sweet rooi wyn
potjiekos spesery (een van die groot winkels se maak) volgens smaak
groente volgens smaak – ek het wortels, baba aartappels, mielies, brussel sprouts, patty pans, zucchinis en sampioene gebruik
1 eetlepel bisto
2 eetlepel maizena
Plaas die vleis in ‘n bak met die potjie speserye en laat staan so uur voor jy met die potjie begin.
Braai uie, soetrissies en knoffel saam in olyfolie tot uie deurskynend is. Voeg die skaap skenkels by en braai tot die vleis bruin is. Die vleis maak na ‘n rukkie sy eie sousie. Ek het die vleis aanhou braai in daai sousie tot lekker bruin. Ek het ook terwyl die vleis gebraai het, die deksel opgesit om hitte te behou. Vat 2 stockpot cubes en 4 aftreksel blokkies en los op in 1.5 liter kook water. Meng goed totdat alles opgelos is. Gooi die roosmaryn en tiemie by en roer goed deur. Giet in by die vleis met helfte van die bottel rooi wyn. Sit die deksel op en prut vir so uur. Ek het so elke nou en dan net die deksel gelig om seker te maak die pot prut nog en dat daar genoeg vloeistof in die pot is. Na ‘n uur voeg die mielies, wortels, aartappels en brussel sprouts by en laat prut verder vir nog so uur. Sodra die aartappels en wortels sag gekook is, voeg die res van die groente by. Vat die ander 4 aftreksel blokkies en meng met 1.5 liter kookwater en meng goed tot die blokkies opgelos is. Voeg die tamatie pasta by en roer goed deur. Voeg by die potjie met die ander helfde van die wyn. Laat prut vir nog so uur. Maak die bisto en maizena aan met klein bietjie koue water en gooi by die potjie en laat prut totdat die sousie dik word. Bedien met potbrood. Die brood suig al die sous lekker op. Dis heerlik verby en die vleis is lekker sag. Ek het nie sout bygegooi nie want die aftreksel blokkies het genoeg sout in.
Resep en foto: Juanita Vermeulen