DENITE SE SAMPIOENSOUS


DENITE SE SAMPIOENSOUS
Ek wil graag ons 6 bestanddeel resep met julle deel asseblief?
Nou kyk as daar een ding is wat ek en my pa lekker kan saam doen, is dit kos maak. Hy kon net sowel deelneem aan Master Chef soos hy nuwe goed beproef.
Een van ons gunsteling resepte is ‘n sampioen sous wat gebruik kan word vir ENIGE iets. Ons maak dit gewoonlik as ons braai, maar dit gebeur soms dat die ou potjie nie die tafel bereik nie, want mense klim in met brood. Die resep is baie basies. Julle is welkom om vars knoffel in te sit as jul dit verkies. Dis heerlik saam.
1 bakkie sampioene, gesny
5 murgpampoentjie, gesny in ringetjies
1 pakkie sampioensoppoeier
250 ml vars room
250 ml kaas (of meer as jy wil)
150 ml melk (Dalk ‘n bietjie meer as nodig)
Speserye, sout en peper (Ek verkies Ina Paarman se Rosemary and Olive. Hy komplimenteer baie goed)
Braai groente met speserye tot gaar na smaak.
Draai plaat af op laagste.
Maak sampioen oppoeier aan met halwe koppie water.
Sit sampioensopmengsel en room by groente en laat prut vir 5 minute.
Sit kaas geleidelik by en roer tot ingesmelt.
As jy sien die sous raak te dik, voeg melk by tot jy die regte “consistency” kry.
Laat sous prut vir 15 minute.
Bedien oor braai vleis, hoender, pot brood, spuds, of enige iets wat jou hart begeer.
Sterkte om ander se vingers uit die pot te hou!
Resep: Denite Cloete