VUURHOUTJIE KOEKIES


VUURHOUTJIE KOEKIES
Foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Resep geplaas deur Kokkedoor Tessie Els Kemp
FOOD LOVERS RECIPES
Die resep lewer ongeveer 100 klein vuurhoutjies of 20 tot 30 gewone grootte koekies
Die koekies is heerlik en lyk ook pragtig.
125 g botter of margarien
62.5 g versiersuiker (¼ koppie)
1 koppie (250 ml) koekmeel
¼ teelepel bakpoeier
½ teelepel vanilla essens
1 x 150 g blok melksjokolade, gesmelt

Klits die botter of margarien saam tot lig en romerig. Sif die meel en bakpoeier saam en voeg by die bottermengsel. Roer die vanilla essens by. Skep die deeg mengsel in ‘n spuitsak met ‘n ster punt. (Die grootte van jou koekie gaan bepaal word deur die grootte van jou sterpunt). Spuit ewegroot stafies entjie uitmekaar op ‘n bakplaat wat met bakpapier gevoer is en bak vir 5 tot 7 minute vir die vuurhoutjies en 15 tot 20 minute vir die normale grootte koekies in ‘n voorverhitte oond van 180°C. Laat die koekies heeltemal afkoel. Doop albei punte in die gesmelte sjokolade en laat set.