TROPIESE TRIFLE / KOEKSTRUIF


TROPIESE TRIFLE / KOEKSTRUIF
4 ryp vars veselperskes (mango’s)
4 ryp kiwis
1 swiss roll
500 ml melk
60 ml vlapoeier
40 ml suiker
250 ml lemoen en mangosap
500 ml room
1 blikkie granadilla pulp
Meng vlapoeier met 50 ml melk, kook orige melk in mikrogolf, voeg vlamengsel by melk en kook vir 5 min in mikrogolf, roer elke minuut. Hou eenkant om af te koel.
Sny die swiss roll in ringe en pak die helfte daarvan in een laag, gooi helfte van die sap oor.
Gooi die helfte van die vla oor.
Sny die mango in skywe en pak 2 mango’s se skywe oor die vla.
Sny 2 kiwis en pak n enkellaag teen die bak.
Herhaal presies dieselfde vir ‘n 2de laag, verkoel en versier met styfgeklopte room en granadilla pulp.
Vanjaar is die 2de jaar wat ons ander as tradisionele trifles probeer maak, die tradisie sal voortbou!
Geseënde Kersfees
Foto en resep: Leandri Potgieter