SJOKOLADE UITROL KOEKIES


SJOKOLADE UITROL KOEKIES
Die koekies is vrek lekker! Ek weet nie of hulle lank genoeg gaan hou om te versier nie…
Sjokolade uitrol-koekies
(lewer 30-36 koekies wat 7.5 cm groot is)
225 g botter (bietjie kouer as kamer temperatuur)
55 g wit margarien
350 ml suiker
2 groot eiers
5 ml vanielje
5 ml sout
3.5 ml bakpoeier
160 ml kakao
825 ml koekmeel
Verhit oond tot 190°C. Voer bakplate uit met bakpapier of Silpat matte.
Verroom botter, margarien en suiker.
Voeg eiers, vanielje, sout en bakpoeier by en meng goed.
Voeg kakao by en meng goed.
Voeg meel by en meng totdat die meel heeltemal ingemeng is.
Sprinkel werksoppervlak liggies met meel.
Rol deeg uit tot 7.5 mm dikte en druk koekies uit.
Bak vir 8 minute.
Sit die bakplaat op ‘n draad rakkie en laat effens afkoel.
Haal die koekies af van die bakplaat en plaas hulle op die draadrakkie om heeltemal af te koel.
Versier met Royal icing.
Resep en foto: Debbie Edwards