PIKKIE SE JALAPENO POPPERS


PIKKIE SE JALAPENO POPPERS
Jalapeno’s
spring onion and chive roomkaas
meel gemeng met aromat, om in te doop
200 ml melk, om in te doop
broodkrummels
olie vir diepbraai

Ek het Lancewood se “spring onion and chives” roomkaas gebruik (jy kan enige geur gebruik).
Ek het meel, sout en en aromat saam gemeng. (Ek het eers net bietjie meel gebruik). In ‘n ander houer jou melk.
Broodkrummels (ek het my eie gemaak)
Jalapenos van bo na onder oopgesny en pitte verwyder. My roomkaas ingesit, lekker vol. Doop jalapeno in melk en dan in meel laat rus 10 minute, herhaal 1 keer.  Doop dan in die melk en broodkrummels, laat rus weer in die yskas.  Braai in matige olie 2 minute. Dreineer op kombuispapier.
Resep en foto: Pikkie de Beer Els