OOSTERSE KOOLSLAAI


OOSTERSE KOOLSLAAI
¼ wit koolkop, opgesny
¼ pers koolkop, opgesny
2 wortels geskil en gesny soos verkies (jy kan dit grof rasper of fyn julienne repies sny)

Sous
40 ml sushi/rys asyn
15 ml lemmetjiesap
50 ml groenvy en rissie stroop (of enige soet stroop bv. heuning of bessies)
40 ml olyf of avokadopeer olie
Meng bogenoemde en sit oor jou gesnyde groente.
Resep en Foto: Elsabie Templeton