LEMOEN LIKEUR


LEMOEN LIKEUR
8 lemoene gewas, en gedroog – ek het 750 ml gebruik
4 koppies suiker
1 koppie water
4 koppies Vodka

Steriliseer 2 groot glas houers met deksels.
Gebruik groenteskiller om lemoenskil mee te skil; nie dik nie. Verdeel tussen die 2 houers.
Druk die sap uit, verwyder pulp en pitte.
Plaas suiker en water in ‘n kastrol en bring tot kookpunt tot helder van kleur.
Voeg 1 koppie lemoensap by en kook weer.
Verdeel stroop tussen die 2 houers.
Sodra heeltemal afgekoel het, verdeel res van die sap en Vodka tussen die 2 houers.
Skroef toe en skud baie goed.
Stoor in ‘n koel, donker, droë plek.
Teken datum op jou kalender aan. Na ‘n maand verwyder skil en giet likeur deur ‘n sif.
Bottel, en bêre vir ‘n verdere maand voor gebruik.
Foto: Trix Hands