1

HEERLIKSTE MARSHMALLOW PYNAPPEL TERT


HEERLIKSTE MARSHMALLOW PYNAPPEL TERT
Baie maklik en altyd ‘n treffer.
Heel eerste; vir die van julle wat gedink het dis ‘n taai spul om die marshmalllows te sny, sit ‘n bakkie water langs jou neer, doop ‘n skêr aanmekaar in water voor jy dit sny – geen taaispul nie!!!!
Jy kan ook die klein marshmallows gebruik, dan hoef jy niks te knip nie.
1 glasie (250 ml) vars room
1 blik fyn pynappel (crushed)
1 pak marshmallows
125 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
Tennisbeskuitjies

Klits room tot styf. Gooi kondensmelk, fyn pynappel met stroop en suurlemoensap by die stywe room. Roer tot gemeng. Knip marshmallows middeldeur of nog kleiner soos verkies en voeg by mengsel. Moenie te veel marshmallows byvoeg nie, want dan raak dit te droog wanneer styf.
Pak Tennisbeskuitjies in tertbord en gooi vulsel bo-oor. Sny marshmallows en pak bo-op soos ‘n blom vir versiering.
Hou verkoel in yskas tot gestol en geniet elke krummeltjie hiervan.
Fotos: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Elma Tiran-Van Niekerk:
My resep sê sonder die stroop van die pynappel. Ek druk al die sap uit en gooi ook die suurlemoensap by die kondensmelk, roer dit deur en laat staan terwyl ek die room styf klop, dan word die kondensmelk ook styf. Gooi dan alles by die styfgeklopte room, ek gebruik ‘n 400 g pak lekkers. Ek knip eers my lekkers voor ek met die ander goed begin, maak myne gereeld.