HEERLIKSTE MALVALEKKER PYNAPPELTERT


HEERLIKSTE MALVALEKKER PYNAPPELTERT
Baie maklik en altyd ‘n treffer.
Heel eerste; vir die van julle wat gedink het dis ‘n taai spul om die malvalekkers te sny, sit ‘n bakkie water langs jou neer, doop ‘n skêr aanmekaar in water voor jy dit sny – geen taaispul nie!!!!
Jy kan ook die klein marshmallows gebruik, dan hoef jy niks te knip nie.
1 glasie (250 ml) vars room
1 blik fyn pynappel (crushed)
1 pak malvalekkers
125 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
Tennisbeskuitjies
Klits room tot styf. Voeg die kondensmelk, fyn pynappel met stroop en suurlemoensap by die stywe room. Roer tot gemeng. Knip malvalekkers middeldeur of nog kleiner soos verkies en voeg by mengsel. Moenie te veel malvalekkers byvoeg nie, want dan raak dit te droog wanneer styf.
Pak Tennisbeskuitjies in tertbord en skep die vulsel bo-oor. Sny malvalekkers en pak bo-op soos ‘n blom vir versiering.
Hou verkoel in yskas tot gestol en geniet elke krummeltjie hiervan.
Fotos: Kokkedoor Tessie Els Kemp
Elma Tiran-Van Niekerk:
My resep sê sonder die stroop van die pynappel. Ek druk al die sap uit en sit ook die suurlemoensap by die kondensmelk, roer dit deur en laat staan terwyl ek die room styf klop, dan word die kondensmelk ook styf. Skep dan alles by die styfgeklopte room, ek gebruik ‘n 400 g pak lekkers. Ek knip eers my lekkers voor ek met die ander goed begin, maak myne gereeld.