HAM EN KAAS BROODJIE


HAM EN KAAS BROODJIE
Resep en foto:  Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Dié brood was baaasie lekker en ek’t dit oppie tv gesien, julle ken dit seker.
1 gekoopte winkel deeg
‘n paar velletjies gerookte ham
‘n paar skyfies mosserella kaas
Dijonaise om deeg te smeer

Knie die deeg effe af en rol dit omtrent 10 mm dik uit.
Druk dan sirkels van omtrent 100 mm in deursne en smeer ‘n lagie dijonaise op die deeg.
Plaas dan ‘n ronde ham skyfie met ‘n skyfie kaas bo-op.
Vou dan die deeg sodat dit net ‘n halwe sirkel is met die vulsel in die binnekant.
Vou dan die een punt kortom en rol dit sodat ‘n rosie vorm.
Plaas dit dan op ‘n stuk bakpapier op ‘n bakplaat en pak dit in sirkels op die papier teen mekaar.
Bak in ‘n voor verhitte oond op 180 ºC vir 40 min.
Lekkeerrrrrrr verby!