DASSIE SE “MELTING MOMENTS”


DASSIE SE “MELTING MOMENTS”
250 g sagte botter
½ kopie versiersuiker
½ koppie mielieblom
2 koppies koekmeel
1 teelepel vanilla geursel
Meng botter, versiersuiker en koekmeel saam. Voeg die geursel by. Meng en voeg laaste die meelmengsel by.
Meng goed met hande. Dis ‘n baie sagte deeg. Sit in koekiedrukker en druk uit op bakplaat.
Bak ±10 minute op 160°C.
Versier:
Kersie moet op rou deeg gesit word.
As koekies uit die oond kom, pak ek dit op ‘n klam vadoek tot hul afgekoel is.
Kan ook versiersuiker oor sif of die punte in gesmelte sjokolade doop.
Resep en foto: Dassie Meyer