AARTAPPELS MET ROOM EN “SWEET CHILLI” SOUS



AARTAPPELS MET ROOM EN SWEET CHILLI SOUS
Foto: Rina Kleinhans
2de Foto: Roni Van Der Walt
Resep: Annetjie van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
4 middel groot aartappels
150 ml room
150 ml sweet chilli sous
sout en varsgemaalde swart peper
Kook die aartappels in water met sout tot redelik gaar, dreineer die ekstra water af.
Meng die room en sweet chillie sous saam.
Los die aartappels in die pot, druk met die “masher” net hard op elke aartappel dat dit net plat gedruk is, gooi nou die sous oor die aartappels, sit sout en swart peper oor en sit dit terug op die stoof, kook dit nou stadig tot die aartappels heel gaar is, en die sous so lekker dik sous maak om die aartappels. Dit is regtig heerlik, en iets anders as die gewone “mash” of aartappels.
Nota: dis jou keuse of jy die aartappels wil skil of die skil wil aanlos, altwee werk perfek.