YSKASLAGIE POEDING



YSKASLAGIE POEDING
So ietsie soet om die naweek mee af te sluit.
1 karton (150 g) sjokolademousse of kitspoeding (Woolworths)
1 karton (90 g) karamelkitspoeding (soos Moirs)
koue volroommelk (vir albei die kitspoedings; lees aanwysings op die pakkie)
250 ml room
1 pakkie (200 g) cream crackers- of tennisbeskuitjies
1 blikkie (360 g) karamel kondensmelk
Maak die sjokolade- en kitspoedings afsonderlik aan met die melk volgens die aanwysings op die pakkies.
Klits die room styf en meng die helfte van die room met die sjokoladepoeding en die ander helfte met die karamelpoeding.
Spuit ’n 30 x 22 cm-bak met ’n kleefwerende sproei. Pak ’n laag beskuitjies in die bak en giet al die sjokoladepoedingmengsel daaroor. Pak nog ’n laag beskuitjies daaroor en smeer die karamelpoeding bo-oor en eindig met ’n derde laag beskuitjies. Plaas in die yskas vir ten minste 4 uur of oornag om te stol.
Klits die karamel lekker dat dit smeerbaar raak en smeer die karamel oor die tert en sit voor.
2de Foto: Charleen Nieuwenhuizen
1 ste Foto: Stephan Von Der Fecht – ek het die melk minder gemaak en ekstra room gebruik, en ek het hom gevries wat hom n ander textuur gee
Hier is die resep soos ek hom gemaak het:
1 pakkie Moirs kitspoeding- chocolate flavour
1 pakkie Moirs kitspoeding- butterscotch flavour
koue melk vir aanmaak – 200 ml vir elke pakkie
500 ml room
1 pak Cream Crackers
1 blikkie karamel kondensmelk
5 eetlepels botter ( gesmelt )
Maak die chocolate en butterscotch apart aan met die melk net 200 ml elk.
Klits die room styf en meng die helfte van die room met die chocolate en die ander helfte saam die butterscotch.
Rol die cream crackers fyn en meng met die botter wat gesmelt is. Druk vas in spring form pan.
Skep die chocolate “mouse” eerste in laat staan vir so 5 min, skep dan die butterscotch “mouse” bo op. Sit en deep freeze vir so 30 min, klits caramel kondensmelk met vurk to glad,smeer die karamel oor en sit vir nog 30 min in deepfreeze gebruik mes wat in warm water gedoop is om die tert te sny laat die lae nie meng nie!