WORSIEMUFFINS


WORSIEMUFFINS
2 koppies koekmeel
1 eetlepel bakpoeier
3 teelepels suiker
knypie sout
3 groot eiers
1 koppie volroom melk
3 eetlepels olie
worsies van jou keuse
½ koppie kaas, gerasper
½ koppie heelpit mielies
knypie mostert poeier
knypie Cayene peper
knypie pietersielie
Voorverhit oond tot 180 C.
Meng al die droë bestanddele in ‘n groot mengbak. Voeg die kaas en mielies by.
Klits die eiers, melk en olie saam. Voeg dit by die droë bestanddele en roer vinnig saam om deur te meng.
Skep lepelsvol in muffinhouertjies, tot amper vol en druk worsies in die middel.
Bak vir 25 minute tot goudbruin.
Geniet dit met ‘n lekker spuit tamatiesous in die gaatjie saam met worsie.
Gemaak deur Wian Swart
Foto: Wian Swart