VLEISBROODJIE MET TAAI RISSIEBOLAAG


VLEISBROODJIE MET TAAI RISSIEBOLAAG
3 snye bruinbrood, korsies afgesny en grof geskeur
125 ml melk
1 kg maalvleis
1 ui, baie fyn gekap (ek rasper dit)
3 knoffelhuisies, fyn gekap
60 ml vars pietersielie
1 wiel Fetakaas, gekrummel
60 ml gerasperde Parmesaankaas
2 eiers
sout en varsgemaalde swart peper
100 ml soet rissiesous
Voorverhit oond tot 180 ºC en voer n middelslag broodpan met ‘n dik laag foelie uit. Spuit liggies met kleefwerende kossproei.
Laat week die brood vir 5 min in die melk. Meng intussen die maalvleis, ui, knoffel, pietersielie, eier, Feta- en Parmesaankaas liggies saam. Druk die broodmengsel fyner met ‘n vurk en voeg dit ook by. Meng deur. Geur na smaak met sout en peper en skep in broodpan. Smeer gelyk.
Bak vir 50 – 60 min tot die bokant bruin en die vleisbroodjie deurgaar is. Haal die broodjie uit die oond en verhoog die temp tot 230ºC. Laat die broodjie vir 5 min afkoel en keer dit uit op ‘n bakplaat. Verwyder die foelie en smeer die sweet rissiesous egalig bo-oor. Sit in oond en bak ‘n verdere 10 min tot rissiesous borrelend en gekarameliseer is. Sit voor met fyn aartappel of rys en ‘n mengelslaai.
Resep geplaas deur Amanda Theunissen
Foto: Amanda Theunissen