SJOKOLADE EN BAILEY’S “TRIFLE”


SJOKOLADE EN BAILEY’S “TRIFLE”
1 sjokolade rolkoek
1 liter sjokolade vla
1 liter vanielje vla
1 pak Tim Tams (beskuitjies)
375 ml vars room
Bailey’s likeur
klomp sjokolades van jou keuse
Sny koek in skywe en lĂȘ bak uit daarmee. Gooi Bailey’s oor. Gooi nou sjokolade vla oor, nog ‘n laag rolkoek en Bailey’s, die res van die sjokolade vla tot min of meer gelyk. Pak nou Tim Tams en gooi weer Bailey’s oor. Gooi nou vanielje vla oor. Klits room styf en en skep al die room oor vla. Kap nou Tim Tams en sjokolades van jou keuse op en pak bo-op.
Resep en foto: Christine Cotter