SAMPIOENSOUS


SAMPIOENSOUS
1 ui, fyngekap
1 pakkie sampioene, in skyfies gesny
1 teelepel crushed knoffel
2 eetlepel “cream of mushroom” soppoeier
250 ml melk
Braai die ui tot deurskynend. Gooi die sampioene en knoffel by en braai tot sampioene sag is. Meng die soppoeier met die melk en gooi die melk mengsel by die sampioene. Verlaag hitte en laat prut vir so 10 min. As die mengsel te dik is, gooi nog so bietjie melk by. Bedien op aartappels of gooi oor die steak as ‘n lekker sousie.
Nota: die melk kan vervang word met room, maar ons probeer gesond eet so ek het laevet melk gebruik.
Foto: Juanita Vermeulen