SAMOESAS MET OORSKIET VLEIS


SAMOESAS MET OORSKIET VLEIS
250 ml (1 koppie) meelblom
2.5 ml (½ teelepel) sout
15 ml (1 eetlepel) gesmelte botter
30 ml (2 eetlepel) warm melk
oorskietbobotie of kerriemaalvleis
olie

Sif die droë bestanddele saam en voeg die gesmelte botter by.
Voeg die melk by en meng dit tot ‘n stywe deeg.
Rol die deeg in 6 mm (¼ dm dik) uit.
Sny in pieringgrootte sirkels uit en sny elkeen weer middeldeur.
Skep 15 ml (1 eetlepel) vleis op elke halfsirkel, maak rande met water nat en vou dit toe, sodat ‘n driehoekie gevorm word.
Braai dit ongeveer 3 minute lank in diep, warm olie. Kosblikvriend, afgekoel!
Resep geplaas deur Petronella Kleintjie Botha Pieterse