ROSYNE KITSBROOD


ROSYNE KITSBROOD
Nie nodig om te laat rys nie.
500 gram bruismeel
500 ml karringmelk
250 g pitlose rosyne
2 eetlepels suiker
2 gelyk teelepels bakpoeier
1 knippie sout (½ teelepel)

Stel oond op 180ºC.
Meng al die droë bestanddele deeglik saam (ek gebruik sommer ‘n eetlepel). Meng suiker in, gooi rosyne by en voeg die karringmelk by. Skud die kartonnetjie agterna met ‘n bietjie melk uit (voeg dit by), dit help om al die droë meel en bestanddele te bind.
Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir 1 uur. Keer uit en laat afkoel.
Nota:
Hierdie broodjies is ‘n wenner. Soos met alle kitsbrode, is dit op sy lekkerste op die eerste dag. Bedien met plaas botter. (Vir meer variasies – Gebruik die basiese resep en vervang die kaas of rosyne met ander vrugte, dadels of olywe)
Resep en Foto: John Louis Streicher