RINIE SE MAYONNAISE HOENDER


RINIE SE MAYONNAISE HOENDER
10 hoender dye
1 pakkie bruin uiesoppoeier
1 ½ koppie mayonnaise
2 eetlepel blatjang
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 eetlepel gekneusde knoffel
½ koppie kookwater
½ teelepel chillieflakes
½ teelepel witpeper
1 teelepel Italian herbs
Rol die hoenderstukkies in die bruinuiesoppoeier en pak dit langs mekaar in ‘n oondvaste bak.
Meng al die ander bestanddele saam en giet dit oor die stukkies hoender in die bak.
Bedek die bak met foelie en bak in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir 1 1/2 uur.
Verwyder dan die foelie en bak nog tot mooi bruin ( ±15 min ).
Foto en resep: Gideon Louw