PORK BELLY MET ‘N PRUIMSOUS


PORK BELLY MET ‘N PRUIMSOUS
2.5 kg pork belly
120 ml sesame olie
15 ml knoffel fyn gemaak
10 ml gemmer
120 ml soya sous
100 ml pruimsap
Sny die vet gedeelte in diamant vorm.
Meng 20 ml growwe sout met ‘n bietjie water, vryf oor die vet gedeelte van die pork belly om ‘n lekker crackling te maak.
Die vleisgedeelte kan ook met sout ingevryf word na smaak.
Meng al die bestanddele saam, gooi in ‘n marinade bak, plaas die vleis gedeelte in die marinade en laat staan oornag. Moenie die vetgedeelte in die marinade plaas nie.
Voor verhit oond op 190°C.
Haal die pork belly uit die marinade, gooi die marinade in ‘n oondpan, plaas die vleiskant in die marinade. Bedek die oondpan met tinfoelie bak vir 30 minute teen 190°C, draai die oond af na 115°C bak vir 2 ½ ure. Na die bak tyd sny die vet gedeelte van die vleis af. Bak die crackling tot bros.
Verdik die pruimsous met 10 ml maizina opgelos in ‘n bietjie water.
Bedien met rys en enige groente volgens smaak.
Resep en foto: Elna Erasmus