KONDENSMELKTERT


KONDENSMELKTERT
Resep geplaas deur Anne Snyman
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikkies kondensmelk
500 ml room
½ koppie lemmetjie sap
1 eetlepel lemmetjieskil gerasper (fyn)
1 pakkie cream crakers of Tennis beskuitjies
Meng die kondensmelk en room in ‘n mengbak.
Voeg die lemmetjie sap by en klits totdat dit dik word – ongeveer 1 minuut.
Skep van die vulsel onder in ‘n diep bak met ongeveer 20cm deursnee.
Pak een lagie koekies.
Skep weer van die vulsel oor en pak weer koekies – eindig met die vulsel.
Sprinkel die lemmetjie skil oor.
Sit in die yskas vir ongeveer 4 ure of oornag voor opdiening.