1

GEROOSTERDE BOTTERSKORSIESOP


GEROOSTERDE BOTTERSKORSIESOP
2 uie, gekap
700 g botterskorsie, afgeskil en in blokkies gesny
1 appel, geskil en in blokkies gesny
45 ml olyfolie
45 ml koekmeel
10 ml kerriepoeier
5 ml sout
1,5 gemaalde neutmuskaat
750 ml water
40 ml hoenderaftrekselpoeier
375 ml melk
fyngerasperde skil en sap van 1 lemoen
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
brosgebraaide botterskorsieskyfies
ekstra botterskorsie, geskil
olie vir diep braai
vars koljanderblare

Ververhit oond tot 200 ºC.
Meng die uie, botterskorsie en appel met olie, versprei in ‘n enkellaag op ‘n bakplaat en bak 30 min.
Haal uit die oond en roer die meel, kerriepoeier, sout en neutmuskaat deeglik by die groente.
Verhit die water in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Voeg die hoenderaftreksel, melk, lemoenskil en sap en geroosterde groente by. Prut vir 10 minute.
Versap met ‘n handmenger of in ‘n voedselverwerker tot glad. Geur na smaak indien nodig.

Botterskorsieskyfies: skil in tussen met ‘n aarpappelskiller lang repe botterskorsie af. Diepbraai in warm olie tot bros en dreineer op kombuispapier.
Skep in bakkies en garner met botterskorsieskyfies en vars koljanderblare.
Foto: Benhet Nieuwenhuis