GEKRUMMELDE VARK FILLET


GEKRUMMELDE VARK FILLET
Haal vlies en senings van die fillet af en sny in wiele.
Slaan bietjie plat en marineer vir ‘n uur in balsamiese asyn en soja sous (Ek het meer balsamic gebruik as soja)
Dip in meel, dan eier en dan gegeurde broodkrummels (ek het lemon & herb spice, aromat en swart peper gebruik).
Diep braai tot goudbruin.
Nota: Ek het myne dun gesny en behoorlik plat gekap sodat die vleis goed gaar kan word.
Dit is verskriklik sag!
Sit saam met doopsousie soos tartare sauce neer.
Heerlik!
Foto: Natacha Visagie