AWESOME GEBAKTE MELKTERT


AWESOME GEBAKTE MELKTERT
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn
2 de foto: Annelie Kruger
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
2 koppies koekmeel
½ koppie suiker
1 eier
100 g margarien
1 teelepel bakpoeier
30 ml olie

Vryf botter in droë bestanddele, meng olie en eier by. Druk vas onder en om die kante van gesmeerde losboom pan, (23 – 26 cm).  Bak by 180°C vir 10 minute.

Melktertvulsel:
1 liter melk
30 ml botter
15 ml vanilla geursel
3 eiers, geskei
1 heel eier
175 ml suiker
65 ml koekmeel
95 ml mielieblom
knippie sout
30 ml ekstra suiker

Verhit die melk, botter en vanilla tot net onder kookpunt. Verroom die eiergele, 1 heel eier en suiker saam tot lig en glad.
Sif die koekmeel, mielieblom en sout by die eiermengsel en klits dit goed deur. Voeg ’n halwe koppie warm melk by die eiermengsel en roer dit goed deur met ’n draadklitser. Voeg die mengsel dan by die melk en bring die hitte af tot laag.
Roer aanhoudend totdat die vulsel dik is sonder enige klontjies. Laat die mengsel vir ’n paar minute stadig prut en verwyder dit dan van die hitte.
Laat afkoel vir 5-10 minute terwyl jy eierwitte klits. Klits die 3 eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg 30 ml suiker by en klits goed. Vou die eierwitte by die melktertvulsel in tot volledig gemeng. Skep die vulsel in die uitgevoerde losboompan en smeer die bokante mooi gelyk.
Sif kaneel bo-oor. Bak die tert teen 180°C vir ongeveer 45 minute. Wanneer tert mooi opgetrek het en bruin bo op is, is dit gereed. Laat afkoel tot koud en bêre in yskas.
Lewer 8 porsies.