AARTAPPEL EN WORTEL SOUTTERT


AARTAPPEL EN WORTEL SOUTTERT
3 medium groot aartappels, geskil en gerasper
3 medium groot wortels, geskil en gerasper
½ ui, gerasper
1 koppie stukkies ham, worsies, ontbytspek of wat jy verkies (opsioneel)
1 koppie melk
2 eiers
2 hoogvol eetlepels bruismeel
sout en peper na smaak
gerasperde kaas om bo-oor te strooi
Meng die aartappels, wortels, uie en vleis byvoegsels (indien jy dit gebruik) in ‘n mengbak. Klits die twee eiers in die melk en voeg die meel daarby. Klits die mengsel om klonte te verwyder en meng deur die aartappel mengsel. Geur met sout en peper, plaas oor in ‘n oondbak, strooi die kaas bo-oor en bak by 180ºC vir ongeveer 40 minute tot gestol en goudbruin bo-op.
Nota: Hierdie hoeveelhede is vir 6 medium groot porsies en kan maklik vermeerder of verminder word volgens behoefte.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete