VLEISROLLETJIES MET BOBOTIEVULSEL


VLEISROLLETJIES MET BOBOTIEVULSEL
Vulsel:
15 ml olie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuis, gekap
3 ml komyn
3 ml koljander
3 ml italiaanse kruie
3 ml gemengede kruie
3 ml mosterd sade of 3 ml engels mosterd poeier
5 ml kerrie poeier, enige sterkte
5 ml borrie
3 ml rissie vlokkies (opsioneel)
5 ml fyn gekapte gemmer (opsioneel)
1 kaneel stokkie (opsioneel)
15 ml fyn appelkoos konfyt
15 ml asyn
2 tamaties, geskil en fyn gekap
1 kg maalvleis
1 suurlemoen, versap en skil gerasper
30 ml perske blatjang
10 ml Worcestersous
3 ml fyn naeltjies
3 ml neut
10 ml mayonnaise, sout en pepper na smaak
1 dik sny brood in melk gewees en fyn gedruk
1 pakkie tradisionele bobotie sous
Deeg:
gekoopte omhulsel (Wrappers) of Filodeeg vir rolletjies
5 ml koekmeel
10 ml water
Doopsous:
100 ml perske blatjang
10 ml appelkoos konfyt
30 ml soet rissie sous
15 ml Worcestersous
15 ml suurlemoensap
15 ml rooiwyn asyn
10 ml bruin suiker
10 ml pietersielie
15 ml fyn dadels
Verhit die olie in ‘n kastrol saam met die uie, knoffel en gemmer tot deurskeunend. Verlaag die hitte en voeg die speserye en kruie by. Roerbraai vir 2 min lank. Voeg die konfyt, asyn en tamaties by. Breek die maalvleis op in deeltjies en voeg die kruie en speserye mengsel in die kastrol. Laat prut en roer tot die maalvleis begin verkleur. Voeg nou die res van die bestanddele by en geur met sout en pepper en laat 20 Minute prut. Laat heeltemal afkoel. Plaas die bobotievulsel in een hoek van die deeg vierkant. Vou die punte oor en rol een keer. Bring nou die kante in en rol op tot n sigaarvorm. Heg die punte met ‘n mengsel van die koekmeel en water. Herhaal tot die gewenste hoeveel gemaak is. Verhit die olie in ‘n diepbraaier of in ‘n kastrol op die stoof en braai ‘n paar rolletjies tot goudbruin.
Doopsous:
Meng al die bestanddele saam. Sit die bobotie rolletjies voor met die doopsous.
Wenke:
Bedien warm/koud. Kan pasteitjies, gewone bobotie of net so saam rys of mash. Dis baie lekker.
30 Rolletjies
Resep en Foto: Melanie Herbst Duvenage