VERSKEIE WILDSMARINADES
Daar is gereeld navrae oor wildsvleis en ek het hierdie opgespoor:
(Met erkenning aan Ben Heystek)
Die volgende marinades is heerlik vir wildvleis. Marineer die vleis ‘n dag of twee daarin.
MARINADE 1
2 uie, gekap
125 ml kookolie
2 takkies vars pietersielie, gekap
250 ml wit wyn
30 ml asyn
2 lourierblare
Sout en peper na smaak
Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.
MARINADE 2
375 ml rooiwyn
125 ml asyn
1 ui, gekap
2 huisies knoffel, gekneus
5 heel naeltjies
Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.
MARINADE 3
375 ml rooiwyn,
125 ml asyn of 250 ml sjerrie
125 ml water
5 ml sout
2.5 ml swartpeper
2 lourierblare
6 heel peperkorrels
3 heel naeltjies
22.5 ml bruinsuiker
Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.
MARINADE 4
250 ml droë witwyn
500 ml appelkoos-, Lemoen- of pynappelsap
30 ml sojasous
60 ml kookolie
1 Lourierblaar
5 ml fyn knoffel
5 heel naeltjies
5 ml gemaalde gemmer
Meng alles saam. Geen kooktyd nodig.
Resepte geplaas deur Johan Snyder