SKAAPVLEIS BLOKKIES IN ‘N BESLAG


SKAAPVLEIS BLOKKIES IN ‘N BESLAG
Twee groterige tjops in stukkies gesny sodat dit net ‘n happie grootte is en gedoop in ‘n beslag wat bestaan uit:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
25 ml suiker
½ teelepel sout
1 eier
1 eetlepel gesmelte botter
± 1 koppie melk
Klits die eier en botter liggies. Voeg saam die meel, sout, suiker en bakpoeier in ‘n mengbak.
Voeg die melk mengsel by die meelmengsel en klits saam tot ‘n loperige beslag nie te dun of te taai nie.
Doop die gesnyde stukkies tjop in die beslag en bak in warm olie vir ‘n paar minute tot goudbruin.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw