ROERBRAAI HOENDER, VARS GROENTE EN BASMATIE RYS


ROERBRAAI HOENDER, VARS GROENTE EN BASMATIE RYS
Foto en resep deur Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Roerbraai hoender en vars groente op basmati rys. Vinnig en eenvoudig heerlik.
4 ontbeende hoenderborsies in repies gesny
Groente:
4 wortels, in julienne repies gesny
½ kop brokollie, in stukkies opgebreek
1 stingel seldery met blare, opgekerf
4 sprietuitjies, opgesny
1 teelepel gerasperde vars knoffel
1 teelepel gemmer

Ek roerbraai die groente eerste in baie warm wok in avokado olie (suurlemoen geur), verwyder terwyl dit nog krakerige tekstuur het en hou eenkant terwyl die hoender repiesĀ  geroerbraai word tot goudbruin. Voeg die groente by en roer deur tot dit weer warm is. Bedien met soja of soetsuur sousie.