PETRE SE LEMOENKOEK


PETRE SE LEMOENKOEK
Foto en Resep: Petré van Jaarsveld
3 koppies koekmeel
1 ½ koppies suiker
3 teelepels bakpoeier (hoogvol)
3 eiers
½ teelepel sout
1 koppie kookolie
sap en fyn gerasperde skil van 1 lemoen
1 ½ koppies melk
Plaas alles in een bak en klits met elektriese klitser op vinnige spoed vir 3 minute.
Verdeel beslag in 2 panne, en bak teen 180°C vir 30 minute.
Lemoen Versiersel:
125 g sagte botter
4 koppies versiersuiker
10 ml fyn gerasperde lemoenskil
100 ml lemoensap
1 koppie Cremora verromer
Room botter, versiersuiker, cremora en skil saam. Voeg genoeg sap by om versiersel romerig, lig en smeerbaar te hou.