OONDGEBAKTE SPAANSE HOENDER


OONDGEBAKTE SPAANSE HOENDER
Ek het botterskorsie skywe direk saam met die hoender in die sous gebak en die aartappels eers bietjie sag gestoom en toe vir die laaste 10 minute ook saam ingesit.
‘n Gelyke hoeveelheid van die volgende (die hoeveelheid hang af van die hoeveelheid hoender wat gebruik word. Vir 10 boudjies en dytjies het ek 100 ml van elk gebruik, maar kan nog bietjie verminder word):
Wyn (‘n Muskadel werk nogal lekker)
Worcestersous
Tamatiesous
Chutney
Kookolie
Sout na smaak
Meng die bestanddele en gebruik dit om die hoender stukke oornag te marineer in ‘n bedekte bak.
maak dan in die oond binne in die sous gaar op 180ºC.
Nota: Ek het die sous eers bietjie op die stoof gekook om effens te verminder voor ek dit met die hoender in, in die oond geplaas het
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Adam Cloete