MAKLIKE VLA EN KARAMEL TERTJIES


MAKLIKE VLA EN KARAMEL TERTJIES
50 tertdoppies (gekoop of gemaak)
1 koppie melk
250 ml room
1 boksie vanilla kitspoeding
1 blik caramel treat
1 houer pillsbury chocolate fudge frosting
100’s & 1000’s reënboogballetjies
Vir die vla:
Meng melk, room en kitspoeding saam tot dik. Skep dit in ‘n spuitbottel.
Vir die karamel:
Wees versigtig wanneer jy die blikkie oopmaak. Skerp kante kan jou sny. Skep dit in ‘n bakkie, meng dit met ‘n vurk of menger tot dit smeerbaar is. Skep dit ook in ‘n spuitbottel.
Vat jou tertdoppies, spuit die karamel in, vat ‘n teelepel en skep van die sjokolade smeer in, en dan spuit jy die vla bo op dit. Versier met reenboogballetjies.
Resep geplaas deur Charleen Nieuwenhuizen
Video: Ps: Eet dit gou voor jou sussie dit sien!!
Bron; video en resep: Tyler Nieuwenhuizen
https://web.facebook.com/charleen.nieuwenhuizen/videos/pcb.1151044585044802/10156877996704452/?type=3&theater&ifg=1