1

MAKLIKE MIKROGOLFOOND SJOKOLADEKOEK


MAKLIKE MIKROGOLFOOND SJOKOLADEKOEK
250 ml koekmeel
12.5 ml bakpoeier
30 ml kakao
125 ml suiker
250 ml louwarm water
125 ml olie
1 eier
5 ml vanielje-essense

Versiersel:
½ blik caramel treat
10 ml kakao, gesif
gerasperde sjokolade van jou keuse

Sif die meel, bakpoeier, kakao en suiker saam. Gooi die water, olie, eier en vanielje-essense by en klits met draadklopper tot glad en romerig. Spuit ‘n mikrogolf-ringpan met spray ‘n cook of gebruik ‘n silikoon-ringpan. Gooi die mengsel in die ringpan. Mikrogolf vir 7 minute op 100% krag. Haal uit en laat effens afkoel. Keer koek uit op draadrakkie.
Versiersel:
Meng caramel treat met kakao tot glad en romerig. Smeer versiersel op koek en sprinkel gerasperde sjokolade bo-oor.
Resep en foto: Gillian Vermeulen